VISSIES IN DIE SEE
Lag saam met my al weet jy nie waarvoor.
Jy sal vind daar's genoeg druppels reën vir die
dors van elke dag.
Wees saam met my, tol en draai.
Seil saam na waar die wind ons waai.
Swem saam met my, twee vissies in 'n beskutte baai.
Volkome seker altyd vry, twee vissies in die see.
Ek en jy.


|